2009 Europese Grand Prix

Vlag van Europese Unie 2019 LIII Telefónica Formule 1 Europese Grand Prix
Datum 23 Augustus 2009
Plek Valenciastraatbaan, Valencia, Spanje
Voorste wegspringplek
Renjaer Vlag van Verenigde Koninkryk Lewis Hamilton McLaren-Mercedes
Tyd 1:39.489
Vinnigste Rondte
Renjaer Vlag van Duitsland Timo Glock Toyota
Tyd 1:38.683 (rondte 55)
Podiumplekke
1 Vlag van Brasilië Rubens Barrichello Brawn-Mercedes
2 Vlag van Verenigde Koninkryk Lewis Hamilton McLaren-Mercedes
3 Vlag van Finland Kimi Räikkönen Ferrari

Die 2009 Europese Grand Prix (amptelik die LIII Telefónica Grand Prix of Europe) was 'n Formule Eenwedren, gehou op 23 Augustus 2009 op die Valencia Straatbaan in Valencia, Spanje. Dit was die elfde ren van die 2009 Formule Een-seisoen. Die ren is beslis oor 57 rondtes, 'n totale renafstand van 303,9 km. Die wenner was Rubens Barrichello van Brawn GP, nadat hy derde op die rooster weggespring het.[1] 2008 se wêreldkampioen, Lewis Hamilton van McLaren-Mercedes, het tweede geëindig, met 2007 se wêreldkampioen Kimi Räikkönen van Scuderia Ferrari wat derde was. Die voorloper in die kampioenskap op daardie stadium, Jenson Button, het sewende klaargemaak vir sy tweede agtereenvolgende ren, maar het wel sy voorsprong gerek as gevolg van die twee Red Bull-bestuurders Mark Webber en Sebastian Vettel wat albei geen punte verdien het nie.

  1. "Barrichello snatches Valencia win". BBC Sport (in Engels). 23 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 24 Augustus 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search